C

[Video] ‘Genoeg is genoeg,’ sê Mboweni: Waldimar Pelser bied sy mening oor die nasionale begrotingsrede 2020
 More about the book!

‘As die toekoms van Suid-Afrika slegs van die minister van finansies se dekrete afgehang het, het ons vanaand sjampanje en kaviaar bedien, want Tito Mboweni is ‘n onafhanklike denker, ‘n jukskeibreker en ‘n realis.’

Só sê Waldimar Pelser in sy inleiding tot kykNET Verslag In Gesprek oor die nasionale begrotingsrede wat op Woensdag, 26 Februarie, plaasgevind het.

Hy sê verder: ‘Mboweni het koue water in die gesig gegooi van enigeiemand wat steeds dink korrupsie is ‘n misdaad sonder slagoffers, dat mens kan aanhou leen, leen, leen om jou uitspattige leefstyl te finansier, of dat belastingbetalers maar net sal aanhou hoes, hoes, hoes om vir die gelag te betaal. “Genoeg is genoeg,” sê Mboweni.’

Kyk na die video op Twitter:

Vir nog meer van Waldimar se dapper, vlymskerp waarnemings oor Suid-Afrika, lees sy nuutste boek In gesprek met Waldimar: Sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings.

Categories Afrikaans South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Budget Speech 2020 In gesprek met Waldimar In gesprek met Waldimar: sy 100 beste ontledings inleidings en beledigings kykNET Verslag in gesprek LAPA LAPA Uitgewers Tito Mboweni Video Waldimar Pelser


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments