C

[Uittreksel] Sjoe, dis bitter koud! Probeer die patroon vir ’n veelsydige serp uit 50 tydlose hekelpatrone
 More about the book!

LAPA Uitgewers het ’n patroon gedeel vir ’n veelsydige serp uit 50 tydlose hekelpatrone: Iets vir elke hekelentoesias deur Christa Swanepoel.

Hierdie hekelboek bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Hekel saam met Vrouekeur.

Een van hierdie hoogtepunte is ’n pragtige serp wat jy op verskillende maniere kan vasknoop.

Probeer die patroon:

~~~

Veelsydige serp

’n Maklike serp wat jy op verskillende manier kan vasknoop.

BENODIGHEDE
– ELLE FAMILY KNIT CHUNKY (50 g) 2 balle in Wintersky
– 6 mm-hekelpen
– 2 knope

MATE
Sowat 18 cm x 100 cm

PATROONSTEEK
Oor veelvoud van 6
1ste ry: 1 lb in 4de st van pen af, 1 lb in elk van vlg 2 ks, 3 ks, *gs in dies ks as laaste lb, slaan 3 ks oor, 1 lb in elk van vlg 3 ks, 3 ks, herh van * tot einde en gs in 1ste st.
2de ry: 3 ks, 3 lb in 3 ks-sp van vorige ry, 3 ks, *gs in laaste ks, 3 lb in 3 ks-sp van vorige ry, 3 ks, herh van * en eindig met gs in 3de van 3 ks aan beg. Herh 2de ry.

AANWYSINGS
Maak 32 ks. Begin met pat en herhaal tot werk sowat 100 cm lank is.

OM TE VOLTOOI
Werk knope eweredig oor een smal kant.

Categories Afrikaans Lifestyle Non-fiction South Africa

Tags 50 Tydlose Hekelpatrone Book excerpts Book extracts Christa Swanepoel Hekel saam met Vrouekeur Hekelpatroon LAPA Uittreksel


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments