C

Tenk deur Pieter Stoffberg: ’n Plofbare roman oor een van die grootste veldslae met Suid-Afrikaanse tenks in Angola
 More about the book!

1987. ’n Konvooi vegvoertuie is op pad na Angola om oorlog te maak.

Vir die eerste keer is Suid-Afrikaanse tenks deel van die opmars om die Rooi Gevaar te stuit. Kommandant Leon Marais dra nie net die las as bevelvoerder nie, maar bots ook met sy direkte hoof. Marais is nie ’n man wat daarvan hou om beveel te word nie.

Tenkbemanningslid Abrie Ahlers worstel met sy eie probleme. Sal hy sy belofte kan nakom om betyds terug te wees die om met sy sewentienjarige swanger meisie te trou? Sal hy enigsins terugkom? En hoekom lieg hy oor die dood van sy pa?

Die insypelaar, majoor Cassie van der Merwe, moet in gevaarlike omstandighede te voet op die vyand spioeneer, en Pietie de Villiers, die jong dokter sonder enige weermagopleiding, word getaak om ’n mediese pos in ’n vyandelike gebied te beman.

Sersant Pierre Wessels praat ’n beangste dienspligte moed in en dra ’n gewonde 32-makker na veiligheid onder swaar bombardement. Motorwerktuigkundige Lappies Labuschagne moet al sy vernuf as soldaat inspan om met ’n mankolieke Ratel ’n gedugte Russiese tenk aan te vat.

Dit is van die grootste veldslae met Suid-Afrikaanse tenks in Angola. Daar is soldate wat sterf en vermink word. Ander breek onder die spanning. Almal keer terug met wonde in hul gemoed.

Oor die outeur

Pieter Stoffberg is die skrywer van Die hart van die hond (1990), waarvoor hy in 1991 die Eugène Maraisprys gewen het, asook Kruispunt (1997) en In die lig van vuur (2005). Hy is ‘n prokureur en woon in Ermelo waar hy ’n ouderling is in die NG gemeente Ermelo-Oos.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans New books New releases Penguin Random House SA Pieter Stoffberg Tenk


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments