C

‘Skerp en toeganklik’: Jan-Jan Joubert resenseer Terreur en Bevryding deur Leopold Scholtz
 More about the book!

Die bekroonde politieke joernalis en skrywer Jan-Jan Joubert het onlangs ’n LitNet Akademies-resensie-essay geskryf oor Terreur en bevryding: Die ANC/SAKP, die kommunisme en geweld (1961-1990) deur Leopold Scholtz.

In die boek toon Scholtz aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer. Die doel was om mettertyd die partyleiding oor te neem as deel van ’n beoogde revolusie in twee fases: ’n nasionaal demokratiese revolusie – ’n konsep wat steeds deel is van ANC-beleid – gevolg deur ’n Marxisties-Leninistiese ‘diktatuur van die proletariaat’.

‘Wat kennis en gebruik van omvattende primêre geskrewe bronne aanbetref, kan min mense by Scholtz kers vashou,’ skryf Joubert oor Terreur en Bevryding.

Lees die resensie:

Leopold Scholtz geniet verskeie voordele bo hierdie skrywers. As hoogs bekwame joernalis skryf hy skerp en toeganklik. Mens verstaan wat hy bedoel, en hy stel sy punt op duidelike wyse. Die boek lees dus lekker, want dit vloei beter as soveel van die ander boeke oor die onderwerp.

Luister en kyk ook:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Boekresensie Book Reviews Jan-Jan Joubert Jonathan Ball Uitgewers Leopold Scholtz Litnet Terreur en bevryding Terreur en bevryding: Die ANC/SAKP die Kommunisme en geweld (1961-1990)


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments