C

Sjoe! Is dit warm hier by LAPA of is dit November 2020 se nuutste Romanzas?
 More about the book!

Liefste rooikop deur Elize Davies

Kan hulle mekaar vertrou ten spyte van alles wat gebeur het?

Eldri Immelman se skatryk ouers word deur joernalis Dewald ontmasker as bedrieërs wat jare lank hulle beleggers se geld steel. Hulle vlug en Eldri moet vir hulle keuses boet.

Teen Dewald se sin gaan Eldri saam na sy wildsplaas om sy ma te versorg en besef hy dat sy baie meer kompleks is as wat hy aanvanklik gedink het. Hy besef ook dat hy halsoorkop verlief op dié wispelturige rooikop is, maar hierdie ding met haar ouers bly tussen hulle. Daar is net een oplossing: Hulle sal moet leer om mekaar te vertrou vir ’n kans op vir altyd.

Oor die outeur

Elize Davies is op Potchefstroom gebore en het in Durban en Brakpan grootgeword. Ná ’n blitsromanse, vier kinders en baie vreugde, hartseer, liefde en lewenslesse later tree sy en haar man in Skotland af, waar sy lees en skryf – beide ’n waarborg om haar heeltemal te laat vergeet van die sleur van die daaglikse lewe.

Ook beskikbaar as e-boek:

***

’n Vreemde tyd vir liefde deur Marilé Cloete

’n Vreemder tyd vir liefde kan daar seer sekerlik nie wees nie …

Isa het nog altyd gereken dis beter om deel van die oplossing as deel van die probleem te wees, maar nou het sy twee probleme om op te los: Die nasionale inperking en Jos Malherbe, haar broer se pel op wie sy al lank verlief is. Jos is beterweterig, verslaaf aan roetine, ’n werkslaaf en nou moet hulle ’n kamer ook nog deel. Boonop moet sy huishou met haar knorrige pa, sosiale broer, haar neurotiese ma wat vir die wêreld maskers maak en die man van haar drome.

Kan dinge meer chaoties raak? Net die tyd sal leer. Dis darem iets waarvan hulle baie het.

Oor die outeur

Marilé Cloete is Alta Cloete se romanse-skrywersnaam. Marilé het laat in haar lewe begin skryf. Dit bring groot uitdagings, maar ook nuwe visie, energie, vriende en bevrediging.

Ook beskikbaar as e-boek:

***

Sterrekyker deur Frieda van der Westhuizen

Hy besit al die eienskappe wat Tharien nie in ’n man wil sien nie.

Roekeloos. Geen ambisie. Vrygees. Dit is beslis nie eienskappe wat Tharien in ’n man wil hê nie. Wel, eintlik weet sy nie, want Rudolf was nie een van daai dinge nie en hy het haar verneuk. Sy is seker van een ding: Heinrich Vermeulen mag dalk soos ’n Noorse god lyk en soene steel, maar hy is nie die een vir haar nie. Hy is net te wild, bly in ’n woonwa en wanneer sy om hom is, voel sy nie soos haar stabiele en verantwoordelike self nie.

Dit word gou duidelik dat dit nie maklik gaan wees om Heinrich te vermy nie, en sy moet kophou om nie haar gevoelens vir so ʼn onvanpaste man te laat handuit ruk nie. Maar hulle storie is blykbaar reeds in die sterre geskryf …

Oor die outeur

Frieda van der Westhuizen is in die Kaap gebore en het daar grootgeword en skoolgegaan. Sy het Walvisbaai toe getrek toe haar kinders nog klein was. Frieda skryf graag ligte romanses want sy hou van lekkerleesboeke wat mens gelukkig laat voel wanneer jy dit neersit.

Ook beskikbaar as e-boek:

***

Ompaaie na jou deur Magda Schmidt

Haar liefde vir die verkeerde broer was slegs ’n ompad na die regte een …

Karlien is sestien en dolverlief. Sy naam is André en soms dra hy haar tas. Maar hy het net oë vir haar mooi suster en die nagevolge van André en Alida se verhouding verander alles. Al wie simpatie vir die twee verliefdes het, is André se ouer broer, Louis. Verantwoordelike, slim Louis met sy bril wat altyd meer oor Karlien wou weet.

Ses jaar later staan André weer voor haar – steeds die aantreklike buurseun, steeds onmoontlik sjarmant, maar Karlien kan nie vergeet wat hy aan haar suster gedoen het nie. Sy kan ook nie sy saggeaarde broer vergeet nie en dit blyk of die gevoel wedersyds vir Louis ook is, maar hoe kan sy hom oorreed dat sy op die verkeerde broer verlief was en dat André net ’n ompad was?

Oor die outeur

Magda Schmidt is die skrywersnaam van Annette Jordaan. Sy het in 2015 afgetree ná ongeveer 20 jaar as dosent in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Sy is al 46 jaar getroud met Chris Jordaan. Sy is van kleins af dol oor stories en glo vas in liefde en romanse.

Ook beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 'n Vreemde tyd vir liefde Afrikaans Elize Davies Frieda van der Westhuizen LAPA LAPA Uitgewers Liefste rooikop Magda Schmidt Marilé Cloete New books New releases Ompaaie na jou Romanza Sterrekyker


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments