C

Renata Malan is terug in My naam is Legio deur Madelein Rust, die vyfde roman in die Malan-en-Coetsee-reeks
 More about the book!

In Madelein Rust se sewende misdaadroman veg ’n forensiese sielkundige teen ’n demoon-uitdrywer maar ook teen haar eie demone. Sy word van ’n las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

Gaan Renata antwoorde vind voordat dit te laat is?

Malan & Coetsee Privaat Ondersoeke se hulp word ingeroep om die moordenaar te vind van ‘n afskuwelik geskende lyk. Dit neem doktor Renata Malan, ‘n forensiese sielkundige, en haar vennoot en vertroueling, Stefan Coetsee, nie lank om vas te stel ‘n reeksmoordenaar het toegeslaan nie. Vir hierdie moordenaar gaan dit egter meer oor die voorafgaande marteling as die slagoffers se dood. Dat hulle sterf, is trouens ‘n ‘ongeluk’ en die afgryslike martelmetodes stem ooreen met Middeleeuse tegnieke om demone uit te dryf.

Renata worstel ook steeds met die private demone wat haar lewenslank agtervolg: Waar is haar pa wat moord gepleeg het en steeds voortvlugtig is? Het sy die moordgeen by hom geërf? In die lig daarvan, durf sy toegee aan haar liefde vir Stefan?

In hierdie vyfde roman in die Malan & Coetsee-reeks vind sy uiteindelik antwoorde, hoewel party daarvan met byna onverteerbare pyn gepaardgaan. Sy word van ‘n donker las verlig maar nie sonder dat sy verloor wat vir haar dierbaar was nie.

My naam is Legio volg op Monstersaad, Bloedlyn, Moordhuis en Lam ter slagting met Renata Malan as forensiese sielkundige.

Oor die outeur

Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Bloedlyn Lam ter slagting LAPA LAPA Uitgewers Madelein Rust Monstersaad Moordhuis My naam is Legio New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments