C

Oor muses en musiek: ’n Liedjie vir Anine deur Elsa Winckler is nou beskikbaar! (Plus: Luister na ‘Regte vrae’ deur Heinz Winckler)
 More about the book!

Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?

Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied. Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis, ’n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir ’n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se gedagtes klink wanneer sy naby is. Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om ’n in diepteartikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.

’n Groot dankie aan Heinz Winckler vir die pragtige liedjie en video:

Oor die outeur

Elsa Winckler is ’n internasionaal gerekende romanseskrywer met talle boeke op haar kerfstok. Sy kom uit ’n agtergrond in opvoedkunde, en is op 40 weer terug universiteit toe om ’n Honneurs en MPhil te voltooi. Haar man is haar studenteliefde en na 44 jaar saam, drie interessante kinders en ’n kroos kleinkinders, maak hy nog altyd haar knieë lam, soos dit ’n goeie held betaam. Kenmerkend van Winckler se werk is haar onafhanklike, hardekwas heldinne, wat sy heerlik afspeel teen sterk maar sensitiewe helde.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 'n Liedjie vir Anine Afrikaans Elsa Winckler Heinz Winckler LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments