C

Oor en weer deur Trisa Hugo en Analize Viljoen is nou beskikbaar!
 More about the book!

Sy is my buurvrou en my vriendin, en sy het net vir my …

Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy óf Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie.

Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap. Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op ’n Irakese vrou, Amani.

Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die liefde ’n duisend vorme aanneem, dat dit moed verg om weerloos te wees, en dat vriendskap oneindig kosbaar is.

Oor die outeurs

Trisa Hugo het na ’n verskeidenheid beroepe in Kleinmond beland waar sy ’n gastehuis bedryf. Hoewel sy ’n paar grade en diplomas langs die pad verwerf het, teken sy nou prentjies met ’n stokkie op die strand wat dan waar word. Sy skryf die stories wat haar karakters aandring vertel moet word.

Nadat Analize Viljoen in vyf lande gebly het, is sy nou gevestig in haar klein huisie op ’n plot in Gordonsbaai. Sy skryf, kook kos van oral oor die wêreld en put vreugde uit haar mense, haar honde en die see. Sy kan nie ’n tyd in haar lewe onthou wat sy nie geskryf het nie.

Trisa en Analize bedryf Boekemakranka saam waar hulle met skrywers oor boeke praat.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Analize Viljoen Boekemakranka LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Oor en weer Trisa Hugo


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments