C

Nuwe uitgawe van Verbode drif deur Irma Joubert!
 More about the book!

Sy’s ’n boeremeisie, hy ’n Jood. ’n Boerejood, ja, maar nogtans ’n Jood. Vir hulle liefde is daar geen toekoms as hulle dit nie self skep nie.

Terwyl hulle jonk is, dink hulle nie aan die toekoms nie, leef hulle vir die nou, glo hulle die verskille kan oorkom word. En Izak Katz, weet Elizabeth, maak altyd ’n plan. Altyd.

Hy, met sy lag, sy terg, die sagtheid in sy oë. Die paadjie wat aan hulle toebedeel is, is ongelyk. Soos die middelmannetjie in die drif. Hulle weet van mekaar vermy, van voorgee sodat niemand iets vermoed nie. Van wag. En van liefhê …

Totdat Elizabeth gedwing word om ’n doodsbelofte te maak. En sy weet, sy wéét, hierdie keer is dit verby, nie eers Izak sal nou meer raad hê nie.

Oor die outeur

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy begin eers skryf toe sy einde 2004 aftree ná 35 jaar van onderwys. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se ‘Spesialis Joernalis van die Jaar’. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Heruitgawe Irma Joubert LAPA Uitgewers New books New releases Reprint Verbode drif


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments