C

Nuut in die Romanza Nostalgie-reeks: Lees skrywer Didi Potgieter se heel eerste liefdesverhale
 More about the book!

Romanza Nostalgie: Didi Potgieter

Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf. 

Leer my liefhê

Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe ’n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak.

Hoe om ’n hart te wen

Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle ’n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie.

Oor die outeur

Didi Potgieter woon op Potchefstroom. Haar eerste Romanza, Leer my liefhê, verskyn in Januarie 2014 en daarna sien vele ander Romanzas die lig. Met soveel onvertelde stories in haar kop en hart, hoop sy om dit nog lank te kan doen. Didi wen die ROSA Imbali-toekenning met Liefde vir ’n ridder en was al twee keer ’n finalis vir die ATKV-Woordveertjiesprys vir romanse.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Didi Potgieter Hoe om 'n hart te wen LAPA LAPA Uitgewers Leer my liefhe Romanza Romanza Nostalgie


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments