C

Nuut deur Leon van Nierop! Ses sjefs raak betrokke by ’n Moord op Lake Panic. Maar wie het sy mes in vir wie?
 More about the book!

’n Handvol sjefs by ’n meesterklas in die boendoes. ’n Vrou se lyk in die meer. ’n Privaat speurder wat moet vra: Wie het sy mes in vir wie?

Lake Panic is die perfekte plek vir ’n verfyningskursus vir ses beroemde sjefs. Só beroemd dat hulle beskerming benodig. ’n Taak vir Beer Henning – privaat speurder, vryskuttatoeëerder, ’n man met ’n verlede. Beer het sy hande vol met:

  • Sophia da Silva, ’n eks-sepiester wat ’n comeback met haar eie kaal kookboek beplan.
  • Otto en Lily Clement, ’n hardekoejawel en sy muisvaal vrou wat hul reputasie en hul lodge moet red.
  • Leopold Lindeque, die kosresensent met die bitter pen.
  • Clementine Carolus, tuisnywerheid-tannie, maar net bedags.
  • Alex Fabius, YouTuber en snuiter van formaat.

Wie het ’n moord opgedis?

En wat het die storie van die geheimsinnige meermin van Lake Panic met alles te doen?

Oor die outeur

Leon van Nierop (gebore 1953) is ’n Suid-Afrikaanse skrywer van meer as 20 boeke, ’n joernalis, aanbieder, akteur en filmresensent. Hy is veral bekend vir sy radio- en televisiereekse Ballade vir ’n EnkelingStralejakkers en Ratels. Sy sielkundige riller, Bloedsuier, het in 2019 verskyn.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Leon van Nierop Moord op Lake Panic New books New releases Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments