Nuut by Naledi! Die wrede relaas van Vuilgat en Stilte: ’n radikale teks deur Aryan Kaganof
 More about the book!

Die wrede relaas van Vuilgat en Stilte is ’n radikale en eksperimentele teks, die eerste en enigste van sy soort in Afrikaans.

Dit is onmoontlik om die teks te kategoriseer as roman, gedig, drama of draaiboek. Dit is vreemd, eksperimenteel en totaal anders.

Die boek is ’n pleidooi teen standardisering op elke vlak: spelling, taalgebruik, uitleg, paragrawe … Alles.

Dit is totaal, ekstreem anti-standaard.

Oor die outeur

Aryan Kaganof het homself gevestig as skrywer van romans en poësie in Engels. Hy het vir 15 jaar in Nederland gewoon. Sedert sy terugkeer na Suid-Afrika in 1999, het hy sy tyd verdeel tussen die maak van dokumentêre films, hoofspeelprente en die skep van literatuur.

Sy romans sluit in:

Hectic! (vertaal in Nederland en gepubliseer in 2002), Sugar Man and Other Bitter Stories (verwerk as die film SMS Sugar Man in 2008), Uselessly en The Vuvuzela Murders, wat deur Jane Rosenthal in die Mail & Guardian beskryf is as ‘in die tradisie van die groot ikonoklaste en satiriste’.

Digbundels sluit in Drive Thru-Funeral, Freedom Fighter, Jou Ma Se Poems en The Ballad of Sugar Moon and Coffin Deadly, wat deur Koos Kombuis beskryf is as ‘een van die snaaksste boeke wat ek nog ooit in my lewe gelees het sonder om een keer te lag’.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Aryan Kaganof Die wrede relaas van Vuilgat en Stilte Naledi New books New releases News


1 Votes

You must log in to post a comment

0 Comments