C

Nuut by LAPA vir onderwysers: Praat jy! Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas deur Thérèse Hulme
 More about the book!

Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap. Laat haar narratiewe benadering jou inspireer om ook uit niks uit ’n skryfkultuur in jou klas te vestig. Om jou daarmee te help is die boek vol kopoopmaakvrae en praktiese oefeninge vir leerders, herkouvrae vir onderwysers en besprekings wat nuwe insigte bring na KABV-taaldoelwitte.

Maar dis veral die stories, gedigte, dramateks en rymkletse van die jong skrywers van haar piemp– en Yoh!-skryfgroepe wat jou verbeelding én die van leerders in jou klas sal aangryp!

Oor die outeur

Thérèse Hulme se akademiese opleiding sluit in grade in Drama en Afrikaans/Nederlands. Toe sy in 2000 besluit om haarself as narratiewe terapeut te bekwaam, neem haar navorsing vir haar meesters- en doktorsgrade haar na Kraaifontein, waar sy haar eerste mentorskapgroep met jong skrywers begin. In dié tyd debuteer sy as digter in Nuwe stemme 3. Sy voel geroep om te werk met jongmense wat nie toegang het tot geleenthede vir lees, skryf of terapie nie. In dié boek bring Thérèse haarself as digter, terapeut en gemeenskapswerker byeen in die hoop dat meer leerders, deur hul verhouding met hul onderwyser, hul stemme kan ontdek en laat hoor.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas Kraaifontein LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Praat jy! Thérèse Hulme


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments