Idees vir die skep van 'n skryfkultuur in die klas

Aandag alle taalonderwysers – moenie LAPA se Praat jy!-webinaar met Thérèse Hulme misloop nie! (25 Okt)

Wil jy graag die kinders in jou klas aan die skryf kry? Woon dan LAPA Uitgewers se webinaar met Thérèse Hulme by!

Nuut by LAPA vir onderwysers: Praat jy! Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas deur Thérèse Hulme

Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap.