C

Nuut by Jonathan Ball Uitgewers – In Christus: Van toeskouer tot spoortrapper deur Callie Roos
 More about the book!

‘God is nie een of ander control freak nie… Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.’

Wat beteken dit om vandag ’n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur ’n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef.

Volgens Callie beleef die kerk vandag ’n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en ’n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken.

’n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik ’n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo ’n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp.

In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.

Oor die outeur

Callie Roos is ’n fasiliteerder van strategiese en leierskapsdenke, besigheidsvaardighede en spanprosesse. Hy het al werkswinkels en praatjies aan meer as 200 maatskappy, waaronder AngloGold Ashanti, Exxaro en Anglo American Platinum, aangebied. Na sy studies aan die Universiteit van Pretoria het hy by die weermag aangesluit waar hy onder meer ’n operateur by die Spesiale Magte (Recce’s) was en as kapelaan gedien het. Hy is ook die outeur van ‘n boek getiteld Wandelaar.

Ook beskikbaar as e-boek:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Callie Roos In Christus: Van toeskouer tot spoortrapper Jonathan Ball Uitgewers New books New releases Self-help


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments