C

Nou op die rakke! Skeef: Wat jy van LGBTIQ-wees wil weet deur Renaldo Schwarp
 More about the book!

Is jy aangetrokke tot mense wat jou geslag deel? Of voel jy nie tuis met die geslag waarmee jy gebore is nie? Wil jy jouself, jou kind of vriend van skaamte, stigma en onsekerheid bevry?

Uitkom, boelies, verhoudings, ouerskap, verteenwoordiging, baanbrekers, bondgenote, sigbaarheid, geloof en seks – in hierdie boek is geen onderwerp taboe nie.

In Skeef deel mediapersoonlikheid Renaldo Schwarp op sy kenmerkend spitsvondige manier praktiese advies en verhale oor alle aspekte van gay-wees, sonder om doekies om te draai.

Bekendes soos Marc Lottering, Rian van Heerden, Charl-Johan Lingenfelder, Boer Damian, Marco Spaumer, Joe Foster en die raakvatters van die Mannetjiesvrou-podcast praat ook oor hul kleurvolle ervarings. Verenia, Renaldo se ma, skryf openhartig oor die uitdagings en vreugdes van ’n gay-kind grootmaak.

Skeef dra ’n boodskap oor van hoop vir LGBTIQ+-mense en almal na aan hulle. Dit vertel van die vreugde van selfaanvaarding, hoe om die kasdeure wyd oop te skop en van die veerkragtige gemeenskap wat aan die ander kant wag.

Oor die outeur

 

Renaldo Schwarp is ’n radio-omroeper, mediapersoonlikheid en digitale mediaspesialis wat in Bloemfontein woon. Sy dokumentêre reeks, Skeef, het groot welslae by filmfeeste plaaslik en internasionaal behaal en is ook op Showmax uitgesaai.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Boer Damian Charl-Johan Lingenfelder Joe Foster LAPA LAPA Uitgewers LGBTIQ Mannetjiesvrou-podcast Marc Lottering New books New releases Renaldo Schwarp Rian van Heerden Skeef


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments