C

Nathan Trantraal wen die 2021 UJ Literêre Prys vir die Vertaling van Jeugtekste vir Lang pad onnetoe
 More about the book!

Baie geluk aan Nathan Trantraal wat die 2021 UJ Literêre Prys vir die Vertaling van Jeugtekste gewen het vir sy vertaling van Long way down deur Jason Reynolds as Lang pad onnetoe.

Nathan stap weg met R35,000 vir sy vertaling van hierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman na Kaapse Afrikaans.

Beoordelaars Marné Pienaar, Karen de Wet and Marius Swart het genoem dat Lang pad onnetoe ’n belangrike teks is vir jong lesers wat in moeilike omstandighede grootword. Hulle het Nathan se vertaling as ‘uitsonderlik’ beskryf.

Oor die boek

Jy het net sestig naelbyt-sekondes om die belangrikste besluit van jou lewe te neem.

Will is vyftien jaar oud. Hy het ’n pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. En Will ken die reëls. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Dit is waarheen Will op pad is, met die pistool agter by sy jean ingedruk, die pistool wat sy broer s’n was. Hy klim in die hysbak, sewende vloer, vasbeslote. Hy weet wie se bloed hy soek. Of weet hy regtig? Die hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense wat iets met die geweld in sy buurt te doen het op die hysbak. Elkeen van hulle vertel vir Will dele van ’n groter storie as die een wat hy dink hy ken …

Hierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om ’n rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen – en dit is nou boonop fantasties in Afrikaans vertaal deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers so aktueel en herkenbaar soos vanoggend se koerantopskrifte maak.

Foto met dank aan Klyntji

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 2021 UJ Literêre Prys vir die Vertaling van Jeugtekste Jason Reynolds Kaapse Afrikaans Lang pad onnetoe LAPA LAPA Uitgewers Long way down Nathan Trantraal


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments