C

Lokprent: Nagjagter deur Jan Vermeulen is binnekort beskikbaar by jou naaste boekwinkel
 More about the book!

Somtyds is stories nie ‘happily ever after’ soos wat mens soek nie. Dis donker. Koud. Moorddadig. En net somtyds is daar ’n flou liggie wat skyn in die dooie, donker tonnel.

Port Elizabeth is die Mekka van Goth-vampiere in Suid-Afrika. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul onskuldige fantasieë uitleef. Maar ’n versteurde siel wat die vampier-fantasie dodelik ernstig opneem, sluip in die donker stad rond. Hy glo hy is ’n geroepe heilige wat hierdie soort kwaad moet uitroei – met sy houtpen deur die hart en sy swaard wat koppe laat rol.

Kyk na die lokprent (as jy dit waag):

Oor die outeur

Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibië gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 ’n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy ’n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. In 2006 word sy kortverhaal ‘In Ma se Stoof’ in die kortverhaalbundel Van Spoke Gepraat (Tafelberg) opgeneem. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.

Nagjagter se gedrukte boek is binnekort beskikbaar. Koop die e-boek hier:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Jan Vermeulen LAPA LAPA Uitgewers Lokprent Nagjagter New books New releases Sielkundige riller Video YouTube


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments