C

Kom vier die bekendstelling van René van Zyl se jongste samesweringsriller Die Alfadokument in Pretoria (30 Jan)
 More about the book!

LAPA Uitgewers en Graffiti Boekwinkel nooi jou uit na die bekendstelling van Die Alfadokument deur René van Zyl.

Nadat die stigter van die Nikolaïete, ʼn berugte internasionale geloofsorde, sterf, erf sy twintigjarige dogter, Michaela (’n loskop sosiale vlinder), sy posisie én sy geld.

Die oorblywende direkteure van die Orde, waarvan die hoofkantoor in Kaapstad gesetel is, raak vinnig van Michaela en haar suster ontslae. Michaela word met weggesteekte dwelms betrap en lewenslank in ʼn Thaise tronk opgesluit. Haar jonger suster, Michelle, word na ’n klaarblyklike ineenstorting in ’n Italiaanse kliniek opgeneem.

Moenie die bekendstelling van hierdie dodelike kat-en-muis speletjie misloop nie!

Besonderhede

Datum: Donderdag 30 Januarie 2020
Tyd: 09:00 vir 09:30
Plek: O’Galito, Zambezi Junction, Breedstraat, Montana, Pretoria
RSVP: Voor 27 Januarie by Graffiti Zambezi Junction 012 548 2356 of shop@graffitibooks.co.za
Koste: R75 per persoon
Facebook-uitnodiging

Posted by LAPA Uitgewers on Monday, January 13, 2020

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Book events Book launches Die Alfadokument Graffiti Boekwinkel LAPA LAPA Uitgewers Pretoria René van Zyl


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments