C

Kom kuier saam met Lanie van Reenen in Wellington by die bekendstelling van haar memoir, Net mooi fine (13 Feb)
 More about the book!

Penguin Random House SA nooi jou hartlik uit na die bekendstelling van Net mooi fine deur Lanie van Reenen in gesprek met Martie Meiring.

Net mooi fine is die opvolg van haar suksesvolle memoir C’est la Vie.

Kom gesels met die skrywer oor haar tweede boek en haar vele avonture op die pad na genesing.

Moenie dit misloop nie!

Datum: Donderdag, 13 Februarie 2020
Tyd: 18:30 vir 19:00
Plek: Die Bôrdienghuis-teater, Burgerstraat 14, Wellington
Koste: R30 per persoon, sluit versnaperinge in
RSVP: 084 501 0355/021 873 7376 of thebooktraders@gmail.com
Facebook-uitnodiging

Posted by Umuzi on Monday, January 27, 2020

 

Oor die boek

Iets heerliks gebeur. Dis asof ek nie meer Lanie-op-’n-fiets op ’n mission is nie, maar een word met die natuur om my; of ek nog van altyd af hier was, hier hoort. Asof die lewe nog altyd eenvoudig was. Ek klim af en gaan lê op my rug en kyk deur die herfsblare wat goud aan die bome hang tot by die ysblou lug ver bo. Ek wil iets gee, iets sê …

Net mooi fine is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C’est la Vie. Hierin beskryf sy wat gebeur het sedert haar hotelprojek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende château moet probeer red of verkoop.

Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture: soms alleen per fiets, soos wanneer sy die Camino Portuguese voltooi; maar ook te voet, soos die tog na die berg Everest se basiskamp wat sy ter wille van liefdadigheid onderneem.

In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat verlies tot gevolg kan hê as jy bewustelik daarmee omgaan, sodat ʼn mens ten slotte kan sê: ‘Eintlik is alles net mooi fine’?

Oor die skrywer

Lanie van Reenen is ‘n voormalige entrepreneur in die binnehuisversiering- en gasvryheidsbedryf. Haar eerste memoir C’est la Vie het  in 2013 verskyn. Sy woon in Kaapstad waar sy huise mooi maak en haar vrye tyd met haar kinders en kleinkinders spandeer.

 

 

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Boekbekendstellings Book events Book launches C’est la Vie Cape Town Lanie van Reenen Martie Meiring Net mooi fine Penguin Random House SA Wellington


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments