C

In So lyk ’n vrou … vertel Ilse Verster van 40 jaar se hel saam met ’n narsis
 More about the book!

Bart, die aantreklikste ou in haar matriekklas, soen Esli uit haar vel. Vir meer as veertig jaar deel hulle hul lewens, maak saam kinders groot en sien om na vriende en familie. Jaarliks vier hulle Kersfees in Kleinmond met geskenke en trifle en stappies langs die see met hul worshond.

Maar hoekom val Bart se broer uit ’n boom voor Esli se ouerhuis? En watter donker geheim is onderliggend aan Bart se ma se vreemde gedrag en onfatsoenlike grappe? Wat dink kollegas van Esli se haarstyleksperimente en panda-oë? Verdien sy om in die spaarkamer te skuil omdat sy, volgens Bart, aand na aand die kos brand en die hond se pote laat nat word as dit reën?

In So lyk ’n vrou … vertel Ilse Verster van Esli se heelwording en hoe sy, ná ’n leeftyd van mishandeling, in ’n rooi rok op die strand kon staan met een vuis in die lug en vry kon voel. Sy gee stem aan ’n stukkende vrou wat net wil hê die pyn moet stop. Sy deel wat dit verg om jou teen die muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red.

Oor die outeur

Ilse Verster woon in die Kaap saam met haar man, Francois. So lyk ’n vrou … is haar eerste boek. Sy het eerstehandse ervaring van die gebeure wat sy beskryf.

Foto met dank aan LitNet.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Ilse Verster LAPA LAPA Uitgewers New books New releases So lyk ’n vrou ...


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments