Hoe oorleef mens 40 jaar saam met ’n narsis? Lees twee uittreksels uit So lyk ’n vrou … deur Ilse Verster
More about the book!
LitNet en Sarie het onlangs uittreksels gedeel uit So lyk ’n vrou … deur Ilse Verster.
In haar debuutboek vertel die skrywer van ’n leeftyd se mishandeling deur ’n narsis – en wat dit verg om jouself te red.
Lees die uittreksels:
~~~
The first cut is the deepest
Hannes se drankprobleem het Bart laat skrik. Vir ’n ruk drink hy glad nie. Maar hy bly steeds vir my ’n enigma. Soveel soos wat ek dink ek ken hom en hanteer hom deur my onderdanigheid, soveel bly hy onvoorspelbaar. ’n Mens is nooit seker wat kan gebeur nie.
Gedurende die seuns se laerskooljare studeer hy verder en voltooi sy M-graad. Dit is nou tyd vir vooruitgang in sy beroepslewe.
Of so dink ons. Dis 1994. Alles verander.
Die spanning van die veranderende werksomgewing, gerugte van poste wat afgeskaf word en verpligte pakkette het ’n negatiewe uitwerking. Bart drink meer. En sy jaloesie word al hoe erger.
~~~
Treinongeluk
Die eerste paar maande na die diabetesdiagnose is Bart amper ’n ander mense. Hy doen sy bes om net ’n sosiale drinker te wees.
In die week staan die bottel in die kas. Maar Vrydae op pad huis toe koop hy sy voorraad. Ons hou hom dop dat hy by twee drankies hou, dan moet ons eet. Die seuns vra elke aand na sy suikertelling. Ek probeer die dieet tot op die letter toepas.
Maar toe die winter kom, word dit stadig duidelik: Bart drink weer soos voorheen.
Categories Afrikaans Non-fiction South Africa
Tags Book excerpts Book extracts Ilse Verster LAPA LAPA Uitgewers Litnet Sarie So lyk ’n vrou ... Uittreksel