Hoe lank na ’n geliefde se dood mag mens weer begin leef? Vind uit in Om weer te droom deur Elsa Winckler
More about the book!
Nagmerries word soms mooi drome …
Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen – al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers.
Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie.
Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.
Om weer te droom deur Elsa Winckler is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel.
Oor die outeur
Elsa Winckler op Upington gebore. Sy is ’n internasionaal-gerekende romanseskrywer en woon saam met haar man op Bettysbaai. Elsa skryf in Engels én Afrikaans en is internasionaal gepubliseer deur uitgewers soos HarperImpulse en Tule Publishing.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Elsa Winckler LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Om weer te droom