C

Dowe gode, Blinde gode en nou Stom gode: Die derde roman in Dibi Breytenbach se drieluik is nou beskikbaar!
 More about the book!

Is daar ’n ontwerpersfout in die menslike psige?

Want skelm bloed soek skelm bloed

So byna is kolonel Aella O’Malley die ewigheid in gestuur. Nou sy is terug in Afrika se bos nadat sy in Avignon gaan aansterk het. Skaars is sy en haar Franse geliefde weer op haar tuisgrond of hulle word betrek by ’n ondersoek na kadawers wat in die veld gevind is. En dit word gou deur nog lyke opgevolg.

Maar die beeld van ’n ander figuur het haar uit Avignon gevolg, dié van ’n straatkind wat Zoeloe praat en Afrikaans verstaan. Hoe het hy daar gekom, weet sy ma dit en hoe kry Aella die kind terug by die huis? Meer, wie was vir sy lot verantwoordelik?

In Afrika se nat veld doem die antwoorde gaandeweg op en dit is afskuwelik.

Oor die outeur

Dibi Breytenbach is die skrywer van Dowe gode, Blinde gode en nou Stom gode. Nog twee misdaadromans op haar kapstok is Saliger en Heiliger.

Dibi kan nie ’n tyd in haar lewe onthou dat sy nié geskryf het nie. Die lewe wat tussen die buiteblaaie van ’n boek gebeur, is nog al die jare ’n baie belangrike aspek van haar lewe. Sy het egter eers haar hand aan ’n roman gewaag nadat sy haar in haar professie gevestig het. ’n Liefde vir woorde, stories en mense het haar genoop om haar in die regte te bekwaam en sy werk al baie jare in die strafregstelsel, veral met kindersake. Sy het eerstehandse kennis oor hóé die stelsel sy jong slagoffertjies hanteer en hoewel daar baie hartseer en tragedie te vinde is in hierdie omgewing, verstom die kinders haar altyd met hulle deursettingsvermoë en vergewensgesindheid.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Blinde Gode Dibi Breytenbach Dowe gode LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Stom gode


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments