C

Boek en Koek is terug! Kom gesels met Ilse Verster oor So lyk ’n vrou in Pretoria (21 Apr)
 More about the book!

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou hartlik na ’n Boek en Koek-geleentheid saam met die skrywer van So lyk ’n vrou, Ilse Verster.

In hierdie komplekse boek oor gesinsgeweld vertel die skrywer van 40 jaar se hel saam met ’n narsis. Sy deel wat dit verg om jou teen die muur op te trek, jou teen die samelewing te handhaaf en jouself te red.

Terug in die spaarkamer. Skok tree in. Bewerasie, naarheid. Die huis klink hol.
Ek hoor iemand huil. Tyd staan stil. Ek sit. Dreunende klanke en pyn.
Harde klappe teen die kamervenster laat my skrik.
‘Esli, maak oop!’ Hy stap verby my.
‘So lyk ’n vrou wat met haar man kak soek,’ sê hy.

Moenie die gesprek misloop nie!

Besonderhede

Datum: Donderdag 21 April 2022
Tyd: 09:30 vir 10:00
Plek: Del Forno Restaurant, Zambezi Junction, Breed Straat, Montana, Pretoria
Koste: R90 per persoon
RSVP: 012 548 2356 of shop@graffitibooks.co.za
Facebook-uitnodiging

Lees ook:

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Boekbekendstellings Boekgeleenthede Book events Book launches Graffiti Boeke Ilse Verster LAPA Uitgewers So lyk ’n vrou ...


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments