C

Binnekort beskikbaar! Moord is ’n kuns in Die Seepunt-insident deur Gerhard Greyvensteyn
 More about the book!

Imelda Grys – sakevrou, kunskenner en miljoenêr – val na haar dood op die aand van ’n eksklusiewe Nuwejaarsete. Iemand het met haar stoelhysbak gepeuter, die hyser wat haar 24 meter en teen ’n helling van 33 grade tot by haar voordeur hoog teen die steiltes van een van Kaapstad se rykmansbuurte moes besorg.

Privaat speurder Vos moet die moordenaar vastrek. Sy en haar tweelingbroer, Deventer, was ’n gedugte span toe hulle destyds in die polisie was. Deventer verkies egter deesdae om gesond te eet en sy dae om te mediteer. Maar sy suster weet wat hy na die ondersoek kan bring en watse knoppies om te druk.

Die moordenaar moes iemand in Imelda se binnekring gewees het, ’n gas dié aand toe sy vir oulaas met swier onthaal het. Was dit miskien een van haar twee kinders, Dennis en Sandra? Dennis se vrou, Fikile, of Sandra se metgesel, James? Wat het die Shanghaise sakevrou Jane Zhang aan tafel gemaak, en Jakkie Brits, die radiojoernalis? En hoe kom dit dat ’n eks-kollega van Vos en Deventer, Bradley Moynahan, ook daar was? Die lys verdagtes is kort, maar met nog lewens in gevaar is Vos en Deventer se tyd selfs korter.

Oor die outeur

Gerhard Greyvensteyn woon die afgelope paar jaar in China waar hy vir ’n maatskappy werk wat Engels aan volwassenes onderrig. Voorheen het hy in Kaapstad in die reklame-afdeling van ’n mediamaatskappy gewerk. Die Seepunt-insident is sy eerste roman.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Die Seepunt-insident Gerhard Greyvensteyn New books New releases Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments