C

‘Aitsa, sy boots het stars … Hy’s John Wayne in Afrikaans!’ God praat Afrikaans deur HemelBesem is nou beskikbaar by LAPA
 More about the book!

Luister na die braste,
wat kruisbeen oppie trap sit.
Behalwe entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is!

Aitsa, sy boots het stars …
Aitsa, hy’s soe die star …
Aitsa, gloe dis waar …
Hy’s John Wayne in Afrikaans!

Sy kop is in die wolke … en sy voete stewig op die aarde.

Dit is HemelBesem.

In hierdie boek nooi dié gewilde kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart lê … en hy doen dit in die taal van sy hart.

Afrikaans.

Oor sý Afrikaans sê hy: ‘Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis die taal waarin ek goed gesê het terwyl ek baklei het, waaroor ek agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en ontvang het … As Ma geskel het, of jy bang was … dis alles momente, en alle momente vorm my bestaan.’

Daarom nooi hy met hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en leefwêreld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart lê.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans AfriKaaps God praat Afrikaans HemelBesem LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Poetry


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments