Aandag alle ouers: Hier is 9 nuwe kinderboeke in Afrikaans en Engels om die jongspan (en vir jou) mee besig te hou
 More about the book!

Wonder jy soms wat om met die kinders te doen? Hier is nege nuwe kinderboeke in Afrikaans en Engels wat in Maart op LAPA se rakke beland het.

Let wel: Gedrukte-boekbestellings wat geplaas word gedurende die Nasionale Inperking, sal eers vanaf 20 April 2020 verskeep word.

Vir kinder- en tienerboeke wat jy nou in e-boekformaat kan aflaai, besoek LAPA se webwerf.

***

Maroelaboomstories deur Leon de Villiers

Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunstelingslaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek.

Die klein bobbejaantjies wil nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai.

Die son sak vinnig en die nag is op pad.

Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met vyftien diereverhale net vir jou!

Hierdie pragtige heruitgawe van Leon de Villiers se wonderlike diereverhale is deur die talentvolle kunstenaar Linki Lutz geïllustreer.

This collection of fifteen highly-entertaining animal stories is also available in English as Tales from the Marula Tree.

***

Pixel deur Fanie Viljoen

Felix Foxly is lonely, completely and utterly lonely. His parents are always working. His home-school teacher, Miss Tiddlespout, has the temperament of a thunderstorm.

Felix has nobody to play with him or to keep him company.

Fortunately Felix is good at taking things apart and putting them back together again.

One day he decides to build himself a friend. He collects plans and equipment and all kinds of stuff.

The moment Pixel’s lights go on and his gears start crunching, Felix’s life changes.

Pixel is a brilliant robot! He can speak, play, read books and he is the world’s best tree climber.

With Pixel every day is an adventure and Felix will never have to be lonely again!

How long will they be able to remain friends before everything goes horribly wrong?

Fanie Viljoen het hierdie beeldskone, moderne sprokie self vertaal. Die oorspronklike Afrikaanse titel is Pieksel.

***

Thabo the space dude. Log book 1: Last days on Earth deur Lori-Ann Preston

Five, four, three, two, one! Get ready for outer space.

‘I’m doooomed!’

Thabo is horrified when his parents inform him that his family is moving to Mars. Could his life get any worse? The answer is yes, for his parents are forcing him to document his last days on Earth in a log book. Sigh.

Meanwhile, our young hero is scheming.

Will he survive Mars Boot Camp?

Will he be able to smuggle his two best friends on board the space shuttle?

Most importantly: will he manage to sneak a farewell kiss from Mbali?

This humorous youth novel is written in the form of a daily log book, full of laughs and pathos.

***

Supervillain deur Jaco Jacobs

Wessel has to spend the entire holiday with his grandpa. This is going to be the LOUSIEST two weeks of his life. Grandpa Zirk is more grumpy than a hammerhead shark with a toothache and he HATES children.

Yet something seems to be rather odd. Why is Grandpa always sneaking around in the dead of night? What is he hiding in the strange little shed in the garden?

Wessel knows there is only one way of finding the truth.

Before long, Wessel is part of a fearsome rollercoaster ride filled with superheroes, villains, super-cool technology, underhanded plans and incredible explosions!

For Wessel the most boring holiday ever may just turn into the adventure of a lifetime.

Hierdie prettige vertaling van Jaco Jacobs se Superskurk gee nou Engelse lesers die geleentheid om hulself ook in Jaco Jacobs se pragtige stories te verlustig.

***

Wo(o)rdslim 2 deur Jaco Jacobs

Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese nuwe aktiwiteitsboek!

Ná die sukses van Wo(o)rdslim, is hier nog een! Hierdie tweede boek het baie bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak.

Speel dit op jou eie of daag mekaar uit om te kyk wie eerste die raaisels kan baasraak!

Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in:

  • Tematiese blokraaisels wat saamgestel is rondom ’n verskeidenheid temas
  • Woordsoekblokke
  • Spelspeletjies
  • Letterblokke
  • Kriptogramme en ander briljante breinboelies.

Of julle nou langpad ry, op soek is na prettige opvoedkundige aktiwiteite vir die klaskamer, of sommer net lus het vir lekker woordspeletjies wat jou brein behoorlik kan laat spiere bult – hierdie bekostigbare aktiwiteitsboek is die perfekte manier om kinders se taalkennis speel-speel op te skerp.

Volledige oplossings is agter in die boek.

***

Rooimiere-in-die-broek, Idioom-Inkleurboek deur Wendy Maartens

Maak die potlode skerp.

Skiet daai doppies van die merkpenne af.

Lê op die gras, sit agterstevoor op ’n stoel, klim in die linnekas met ’n flits, of hang onderstebo in ’n boom.

Die tyd het aangebreek.

Kom ons kleur in!

Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 Afrikaanse idiome, elk met interessante feite oor diere.

***

 

Diereverkenners: Lola en die singende orgidee deur Sharon Rentta

’n Ysbeer in die reënwoud? Natuurlik, ja!

Lola die ysbeer hou vreeslik baie van plante, maar in die Arktiese sirkel is daar nie baie blomme nie. Sy is dus op pad na die reënwoud vir ’n asemrowende avontuur.

Haar maats dink sy is verspot, maar Lola is ’n beer met ’n plan. Sy is vasbeslote om die seldsame Singende Orgidee te kry, en niks en niemand gaan haar keer nie.

Kom saam met Lola op ’n pretbelaaide avontuur en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte plantsoekers.

Jaco Jacobs se heerlike Afrikaans en die besondere illustrasies maak van die hierdie warm boek ’n beer om meer rekening te hou!

***

Hallo, menstruasie deur Yumi Stynes en Dr Melissa Kang

Hierdie pragtige boek is ’n alles-in-een-gids met feite, wenke en inspirerende stories. Dit vertel alles wat jy moet weet oor menstruasie.

Hallo, menstruasie is ’n boek wat vir amper-tieners én vir tieners alles oor menstruasie vertel. Die skrywers van die boek is eerlik en snaaks; hulle weet presies wat in ’n tiener se kop aangaan.

Om vir die eerste keer te menstrueer kan vreemd wees – en om vrae daaroor te vra nog vreemder. Dit hoef egter glad nie so te wees nie!

Hierdie boek beantwoord tieners se vrae en kwellinge, soos hoe krampe voel en wat jy moet doen as bloed jou klere vlek.

Daar is gevallestudies, persoonlike vertellinge en vrae van regte tieners met antwoorde van regte kenners.

***

 

Ek kan vlieg deur Fifi Kuo

Pikkewyne is gewilde onderwerpe vir prenteboeke, maar Ek kan vlieg is opvallend vir die sjarme en emosionele impak daarvan.

Klein Pikkewyn wil vreeslik graag vlieg en glo dat hy kan, ten spyte daarvan dat almal, insluitend sy pa, vir hom vertel dat hy nie kan nie.

Eers as hy in die water val, ontdek hy wat pikkewyne regtig kan doen.

Sy pa is aan Pikkewyn se sy; en so leer die jongeling dat alle pikkewyne, hy en sy pa ook, wel kan vlieg, solank hulle dit onder water doen!

Kuo se teks en tekeninge is eenvoudig, maar uitmuntend. Die leser kan presies verstaan wat Klein Pikkewyn voel, asook hoe dit moet voel om deur die water te vlieg.

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Childrens books Diereverkenners: Lola en die singende orgidee Dr Melissa Kang ebooks Ek kan vlieg ereader Fanie Viljoen Fifi Kuo Hallo menstruasie Jaco Jacobs Leon de Villiers Lori-Ann Preston Maroelaboomstories National Shutdown New books New releases Pixel Rooimiere-in-die-broek Idioom-Inkleurboek Sharon Rentta Supervillain Thabo the space dude Wendy Maartens Wo(o)rdslim 2 Yumi Stynes


1 Votes

You must log in to post a comment

0 Comments