C

Bly by die huis en word maer! Laai die e-boek Bant saam met Armand deur Armand Aucamp af en leer hoe om gesond te kook
 More about the book!

Jy hoef nie vet te word in isolasie nie. Leer hoe om gesond te kook met 14 heerlike resepte in Armand Aucamp se jongste e-boek, Bant saam met Armand. Wat meer is, die e-boek kos slegs R49,00 as jy dit deur LAPA se toep koop; of ongeveer US$3,00 op Kindle.

***

Flatten the curve, do not fatten the curve! Learn how to cook healthy dishes with Inspiration for isolation: 14 Low-Carb Recipes for 14 Days. This is a 14-recipe banting-and-keto cookbook with easy, healthy and creative dishes for you and your entire family amid the lockdown, and beyond.

***

Hier is ’n boodskap van Armand

Ek moet bieg, ek was vas oortuig dat plae en wêreldwye pandemies iets van die verlede was; iets uit die geskiedenisboeke, die Bybel en Hollywood-films (moet asseblief nie in hierdie tyd die film Contagion kyk nie).

Maar hier is ons nou. Die meeste van ons is in selfisolasie, werk van die huis af, vermy  groepe mense groter as 100, selfs koffiewinkels loop leeg. Dit voel werklik onwerklik. Nietemin, ons as Afrikaners én Suid-Afrikaners het nog altyd die vermoë gehad om na die blink kant van sake te kyk.

Ek kyk, luister en lees hoe ons mense die beste van hierdie slegte situasie maak. Ek hoor van mense wat vir hulle kinders allerlei speletjies leer, ’n nuwe instrument leer speel, dalk ’n nuwe taal aandurf of weer, vir die eerste keer in ’n lang tyd ’n romantiese ete vir hul geliefdes voorberei.

Ek dink hierdie tyd van isolasie is ook die perfekte tyd om weer na ons eetgewoontes te kyk, beter keuses te maak en weer ’n konneksie met als om ons te koester; veral ook kos.

Begin weer self kook. Kook vir jou man of vrou. Kook vir jou kinders. Kook sommer vir jouself ook! Eksperimenteer. Laat jou kinders jou help voorberei, of laat hulle sommer self iets maak en met trots vir die familie voorsit. Ek onthou nou nog hoeveel genot ek as kind uit Klein kook en geniet geput het.  Plaatkoekies en fudge en eierdrankies is drie van die resepte wat ek nooit sal vergeet nie.

Ons moet weer ’n konneksie maak, met onsself en ons geliefdes. Ons het só besig geraak, soveel van ons aandag laat aflei. Ons het  toegelaat dat ons verder en verder van mekaar wegdryf en nou is die tyd om weer terug te keer, na onsself en na mekaar. En wat is makliker en lekkerder as om dit om ’n tafel met liefde, geselskap, lag en goeie kos te doen.

Armand

Laai die e-boek af:

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Armand Aucamp Bant saam met Armand Covid-19 Inspirasie vir isolasie Inspiration for isolation: 14 Low-Carb Recipes for 14 Day LAPA LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments