Wat is die LAPA Uitgewers eReader App en hoe gaan dit jou lewe vergemaklik tydens die nasionale inperking?
Nog voor President Cyril Ramaphosa die nasionale inperking voorgestel het, het Suid-Afrikaanse uitgewers landwyd al hul opkomende boekgeleenthede gekanselleer te midde van die nuwe koronavirus (COVID-19)-pandemie.
Maar lees gaan ons lees. Pan Macmillan het reeds ’n lys van hul boeke gedeel was in e-boekformaat beskikbaar is:
En verlede week het The Reading List, Love Books en Penguin Random House SA sommer Irna van Zyl se Bloedsteen op Twitter bekendgestel tydens ons heel eerste virtuele boekbekendstelling – en was dit nou vir jou ’n sukses?
Só vind ons uitgewers meer en meer innoverende maniere om boeke by lesers uit te kry. LAPA Uitgewers het hul eie e-boekleser ontwikkel – die LAPA Uitgewers eReader App – sodat lesers altyd hul boeke in die hande kan kry. Hier’s hoe dit werk:
Hoe om ’n e-boek te koop en af te laai
E-leser:
1. Laai die LAPA Uitgewers eReader App af op jou selfoon of tablet.
Gaan laai dit sommer nou af by die App Store of Google Play:
óf
2. Teken in met jou Google-rekening of gaan skep ’n nuwe rekening.
3. Koop ’n e-boek by LAPA (www.lapa.co.za ) en jy sal ’n ‘voucher code’ ontvang.
Indien jy ’n Android selfoon of tablet het, gaan na menu in die App, dan ‘Redeem voucher’.
4. Tik die voucher code in die App in en LEES!
Indien jy ’n Apple selfoon of tablet het, gaan na https://redeem.snapplify.com/. Tik dan die ‘voucher code’ hier in. Teken in by jou rekening en laai die boek af!
Gaan dan na jou App waar jy ingeteken het met dieselfde besonderhede en lees die e-boek!
Aankope:
1. Teken in by LAPA www.lapa.co.za
2. Koop ’n e-boek met jou kredietkaart of via EFT met jou debietkaart.
3. Klik op ‘My profiel’ (links bo) en klik op ‘My e-boeke’.
4. Klik op die woord download en kry jou ‘voucher code’.
5. Tik die ‘voucher code’ in jou LAPA Uitgewers eReader App in onder die woorde ‘redeem voucher’ en lees jou e-boek!
Categories Afrikaans South Africa South African Current Affairs