C

Soms is huis aan die ander kant van die wêreld: Droomboom deur Marie Spruyt is nou op die rakke!
 More about the book!

Soms is huis aan die ander kant van die wêreld …

Wanneer sy skrywersverblyf in Killaloe, ’n klein Ierse dorpie, aangebied word, gryp professor Mariaan de Jongh die geleentheid aan. Só kan sy Suid-Afrika en die trauma van die studenteopstande agterlaat.

Sy kan fokus op haar vertaling van die tesis oor Afrikamites en -legendes en vergeet van die geweld en haar kollega se dood.

Ierland, met sy magiese landskap, legendes en kleindorpse rustigheid, oorrompel haar. Sy maak nuwe vriende en begin selfs ’n tentatiewe verhouding met Declan.

Wanneer sy egter uitvind dat hy bande met die Ierse Republikeinse Weermag het, besef sy dat geweld en gevaar oral aanwesig is. Droomboom is ’n verhaal van vergifnis en aanvaarding, en die helende krag van vriendskap en liefde.

Oor die outeur

Marie Spruyt werk met woorde sedert sy ’n potlood kon vashou. Na haar uittrede uit die akademiese wêreld het sy gaan reis en by elke rusplek ’n storie raakgeloop. Stillewe is een so ’n storie wat sy in Italië gaan haal het. Sy leef en werk waar haar hart ’n vasstapplek kry. Droomboom is haar tweede roman by LAPA Uitgewers.

Lees ook:

Foto: Marie Spruyt se Facebook-blad.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Droomboom LAPA LAPA Uitgewers Marie Spruyt New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments