C

Ludo Labuschagne is terug in Kry vir jou deur François Bloemhof! Sal hy sy tweede saak betyds kan oplos?
 More about the book!

Terug na 1981. Februarie, warmste maand in die Kaap.

Op ’n wynplaas buite Stellenbosch woed ’n vernietigende vete tussen die broers Christiaan en Jacobus de Wet. Watter een van hulle (of wie anders) is dit wat die vlamme so aanblaas?

Ludo Labuschagne, die onverskrokke (soms baie verskrokke) held is net die man om dié tergende raaisel op te los en geregtigheid te laat seëvier.

Prikkelende karakters. Verrassende situasies. Gevaar. Humor. Moord …

Sal Ludo betyds uitvind wiedoenit? Of is die eise van sy tweede saak te straf?

Kry vir jou is die tweede boek in François Bloemhof se Ludo Labuschagne-wiedoenit reeks!

Oor die outeur

François Bloemhof het sewentien jaar gelede op die literêre verhoog verskyn met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Dit is spoedig opgevolg met ewe populêre boeke, almal spanningsverhale van een of ander aard, totdat hy sy hand gewaag het aan moeilik klassifiseerbare werke soos StorieboekHostis en Klipgooi. Jong lesers het van sy werk gehou en uitgewers het hom oorreed om vir jong volwassenes ook te skryf, wat hy só suksesvol gedoen het, dat hy ’n ruk lank daarop gefokus het. Hy het gou ’n hele versameling ATKV-Veertjies (’n kompetisie waar jong lesers self die wenboeke kies) op sy rak gehad, langs die pryse wat reeds daar versamel het – vir Slinger-slinger en Nie vir kinders nie ­die Tafelberg/Sanlam Jeugliteratuur Kompetisie.

***

Lees ook:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans François Bloemhof Kry vir jou LAPA LAPA Uitgewers Ludo Labuschagne-wiedoenit New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments