C

Hoe kan jy vandag nog die beste weergawe van jouself wees? Vind uit in Leandie du Randt: My Hacks vir die Lewe
 More about the book!

Vir baie lank al is my grootste droom om joy in mense se lewe te bring en hulle te help om die beste weergawe van hulself te wees.

My boek bevat al my rituele vir my liggaam, mind, siel en werk, en die lewensrituele wat ek al in my 33 jaar op aarde na die dood van my Ma en ’n egskeiding uitgefigure het.

Hierdie is my rituele wat MY help om die beste weergawe van myself te wees. Ek deel dit graag met jou met die hoop dat wanneer jy dit in JOU lewe toepas – en, baie belangrik, OP JOU UNIEKE MANIER – jy ook die vreugde sal beleef wat ek beleef om myself te kan wees.

Verander jou mindset en jy verander jou lewe. En as jy ooit voel die wêreld is teen jou omdat jy JY is – blok en bless, sister – moenie jou daaraan steur nie.

Die Here het JOU GEMAAK PRESIES soos Hy jou wou hê! Bless jou!

Oor die outeur

Leandie du Randt is ’n gewilde jong Afrikaanse aktrise, model, stemkunstenaar en publieke figuur. Sy is ook ’n geregistreerde psigometris met ‘n BCom (Hons) in industriële sielkunde. Leandie is bekend vir haar rol as Mieke in die bekroonde Afrikaanse televisiereeks, Getroud met rugby. Sy verskyn in die internasionale film The Last Days of American Crime, asook gewilde plaaslike films soos Jagveld, Thys en Trix, Egoli – The Movie, Susanna van Biljon, Semi-Soet en Klein Karoo. Leandie is ewe passievol oor die vermaaklikheidsbedryf, mense en sielkunde. Sy glo jy moet altyd die beste weergawe van jouself wees. Hierdie is haar tweede boek by Penguin Random House SA.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Leandie du Randt Leandie du Randt: My Hacks vir die Lewe Leandie du Randt: My Life Hacks New books New releases Penguin Random House SA Self-help


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments