C

Dagstukkies vir die moeë siel: In die teenwoordigheid van die Allerhoogste deur Stephan Joubert is nou beskikbaar
 More about the book!

Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand.

Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg! Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus.

Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram. Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.

Plus, staan ’n kans om In die teenwoordigheid van die Allerhoogste en Gom vir jou stukkende wêreld deur Jan Vermeulen te wen!

Skryf nou in op LUCA se Facebook-blad:

Oor die outeur

Prof Stephan Joubert se grootste vreugde is om die Here lief te hê en om mense in en om die kerk op allerlei buite-die-boks-maniere te dien. As tentmakerleraar is hy deeltyds verbind aan Pierre van Ryneveld-gemeente asook by die Mosaïek-gemeente in Fairlands en die Moreletapark-gemeente. Stephan is ’n buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Universiteit van Nijmegen in Nederland. Stephan se boek Jesus – ’n radikale sprong is in 2010 bekroon met die Andrew Murray-prys vir die beste Afrikaanse Christelike boek.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Christian Daily Planner In die teenwoordigheid van die Allerhoogste LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases Stephan Joubert


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments