C

[Video] ‘’n Goeie boek is ’n boek wat die kind geniet. Punt’ – Christien Neser deel 7 wenke om jou kind aan die lees te kry
 More about the book!

Teresa Coetzee van Nuuspod het onlangs by Christien Neser by haar huis in Bryanston gekuier om te gesels oor skryf, spraakterapie en hoe om ’n liefde vir lees by jou kind te koester.

Christien het al 17 jeugboeke op haar kapstok asook ’n praktiese gids vir ouers, Help! My kind is anders, wat ook in Engels beskikbaar as Help! My Child is Atypical.

In hierdie video deel Christien haar raad vir ouers en onderwysers:

  1. Jy kan nie eers begin as die kind in graad 10 is nie. Skep ’n leesroetine wanneer hulle klein is.
  2. Maak die halfuur voor slaaptyd leestyd. So leer hulle dat lees lekker is.
  3. Kies boeke wat hulle geniet, soos grappiesboeke en strokiesboeke.
  4. Onderwysers, vind uit wat jou groepie laat tiek – wat is vir hulle interessant?
  5. ’n Goeie boek is ’n boek wat ’n kind geniet. Punt. Dit hoef nie letterkundig te wees.
  6. Kinders is mal oor reekse, soos byvoorbeeld Twilight en Hunger Games.
  7. Die taal maak nie saak nie. Hulle moet net lees.

Kyk na die video:

Lees ook:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Christien Neser Help! My Child is Atypical Help! My kind is anders Interviews LAPA LAPA Uitgewers Teresa Coetzee Video


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments