C

Het jy ’n geliefde wat met ’n bipolêre versteuring leef? Lees ’n uittreksel uit Verhale van hoop deur Pieter van Zyl
 More about the book!

LitNet het onlangs ’n uittreksel gedeel uit Pieter van Zyl se Verhale van hoop: Só help jy jou geliefde en jouself.

Die mense na aan iemand met ’n psigiese siekte voel alleen en dikwels verlate. In hierdie boek, wat vanjaar by LAPA Uitgewers verskyn het, gee psigiaters en sielkundiges praktiese raad oor wat om te doen, veral as ’n situasie ondraaglik of gevaarlik raak.

Lees die uittreksel:

Hoe kan jy jouself en jou gemoed beskerm as jy saam met ’n geliefde met ’n bipolêre versteuring leef?

  • Bemagtig jou met kennis oor die siekte. Die gemoedskommelinge van iemand met dié siekte beïnvloed almal rondom hom, veral die familie en nabye
  • Moenie opmerkings persoonlik opneem nie.
  • Moenie jou eie behoeftes verwaarloos nie.
  • Vind ’n balans tussen sorg vir die persoon en sorg vir jou eie fisieke en emosionele behoeftes. Indien jy dit nie doen nie, kan jy uitbranding ervaar. Fokus dus op jou eie lewe, gee aandag aan jou vriende en neem deel aan aktiwiteite wat vir jou lekker is.
  • Bou ook vir jouself ’n ondersteuningsnetwerk op.
  • Stel grense vas vir dit wat jy vir die persoon kan en wil doen.
  • Gee aandag aan meganismes om stres te hanteer.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Book excerpts Book extracts Covid-19 LAPA LAPA Uitgewers Litnet Mental Health Pieter van Zyl Uittreksel Verhale van hoop Verhale van hoop: So help jy jou geliefde en jouself


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments