C

Graffiti-aanlynkuier: Kom vier SA se vrouehelde by die bekendstelling van Vaandeldraers deur Wendy Maartens (19 Mei)
 More about the book!

Aandag alle ouers, oupas en oumas, ooms en tannies, en onderwysers! LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou graag na die virtuele bekendstelling van Vaandeldraers: Vrouehelde van Suid-Afrika deur Wendy Maartens.

Hierdie pragreeks verhale van inspirerende vrouehelde – insluitend Thuli Madonsela, Caster Semenya en Grizelda Grootboom – is ’n moet-hê vir elke jong leser.

Moenie Wendy se gesprek met Kabous Meiring mis nie!

Besonderhede

Datum: Woensdag 19 Mei 2021
Tyd: 19:00
Plek: Jou woonkamer
Facebook-uitnodiging

Oor die reeks

Vaandeldraers; vrouehelde; inspirerende vroue van Suid-Afrika. Hierdie besonderse reeks bevat die verhale van 12 vrouens wat verdien om gevier te word; vrouens wat enigeen sal inspireer. Van bekende vrouens soos Thuli Madonsela, Caster Semenya en Vanessa Govender, tot meer onbesonge helde soos Grizelda Grootboom en Suna Venter. Met unieke, kleurvolle illustrasies deur Linki Brand, is hierdie reeks ’n moet-hê vir elke jong leser. Die boeke is individueel te koop, of in ’n pragtige bokspak wat ’n ware versamelaarsitem is.

Oor die outeur

Wendy Maartens het grootgeword op Worcester, waarna sy op George skoolgegaan en gematrikuleer het. Sy woon tans op Melkbosstrand. Wendy is veral bekend vir haar hervertellings waarin sy nuwe lewe lewe in bekende en geliefde verhale blaas en die klassieke stories vir jong lesers toeganklik maak. Sy is die skrywer en samesteller van boeke soos Sprokies en ander gunsteling-stories, Die mooiste dierestories, Eendag op ’n reëndag, Vertel vir my ’n storie, Waarom Kameelperd se nek so lank is en ander dierestories, en Towertapyt.

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Book events Book launches Graffiti Boeke Graffiti-aanlynkuier Kabous Meiring LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Vaandeldraers Vaandeldraers: Vrouehelde van Suid-Afrika Wendy Maartens


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments