Ken jy Die Ickabog? Tekenkompetisie en kinderverhaal deur JK Rowling, nou gratis aanlyn beskikbaar in Afrikaans
More about the book!
Vanaf 1 September 2020 is ’n Afrikaanse vertaling van die gratis aanlyn vervolgverhaal, Die Ickabog deur JK Rowling, beskikbaar. Plus, kinders kan nou deelneem aan die amptelike tekenkompetisie – in Afrikaans!
- Besoek die webruimte www.ickabogkompetisie.co.za on in te skryf.
Oor The Ickabog
JK Rowling het The Ickabog meer as 10 jaar gelede geskryf as ’n slaaptydstorie vir haar jonger kinders en het besluit om hierdie gesinsgunsteling te deel om kinders, ouers en versorgers te vermaak tydens die bykans wêreldwye inperking weens die koronavirus.
Die eerste drie Engelstalige hoofstukke is reeds Dinsdag 26 Mei op die amptelike webwerf www.theickabog.com geplaas, en daarna het nuwe stukke elke weeksdag tot en met 10 Julie verskyn.
The Ickabog, wat geskryf is om hardop voorgelees te word, is ’n sprokie wat afspeel in ’n denkbeeldige land. Dit is ’n nuwe verhaal en hou geen verband met die skrywer se ander werk nie. Die teikengehoor is kinders tussen 7 en 12, maar die hele gesin sal die storie geniet.
Die Afrikaanse verhaal, Die Ickabog, word ook gratis aanlyn gepubliseer. Dit sal in November in boekvorm verskyn by LAPA Uitgewers.
Rowling sal al haar tantieme skenk aan projekte om groepe te help wat benadeel word deur die COVID-19-pandemie – beide in die Verenigde Koninkryk en internasionaal.
Die boek is alreeds in meer as 10 lande beskikbaar, en is vertaal na Portugees, Koreaans, Nederlands en nog meer.
Oor die tekenkompetisie
Kinders word genooi om hulle kunswerk voor te lê aan LAPA – die beste tekeninge sal in die gedrukte boek opgeneem word.
- Besoek www.ickabogkompetisie.co.za om in te skryf.
Soos die verhaal ontvou, word ouers en voogde aangemoedig om hul kinders se kunswerke te deel. Dit is ’n amptelike illustrasiekompetisie wat deur LAPA Uitgewers aangebied word. Die beste werke staan ’n kans om ’n plek in die gepubliseerde boek te kry. JK Rowling sal nie deel uitmaak van die beoordelingsproses nie.
Deur die hutsmerke #TheIckabog en #DieIckabog te gebruik, word kinders, of hul ouers of voogde vir kinders jonger as 13, aangemoedig om hul ongelooflike skilderye en tekeninge op sosialemediaplatforms ten toon te stel.
Meer inligting oor die kompetisie en die eerste Afrikaanse hoofstukke is vanaf 1 September om 09:00 beskikbaar by www.ickabogkompetisie.co.za.
* * *
Die gedrukte Afrikaanse boek sal gedurende November 2020 by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, beskikbaar wees.
Voornemende klante kan hulle boekwinkels ondersteun deur solank bestellings te plaas. Verskeie aanlynwinkels sal die geleentheid skep om die boek vooruit te laat bestel en gewone boekwinkels sal klante kan adviseer hoe om seker te maak hulle kry die storie so gou as moontlik in die hande.
Vir meer inligting, kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek www.lapa.co.za.
Categories Afrikaans Fiction International Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Competition Die Ickabog JK Rowling Kompetisie LAPA LAPA Uitgewers Tekenkompetisie The Ickabog