Wat sou ek doen? Esther Verhoef gesels oor domestic noir en haar sielkundige riller, Liewe Mamma
More about the book!
Die bekroonde Nederlandse skrywer Esther Verhoef het onlangs met Naomi Meyer gesels oor haar sielkundige riller, Liewe Mamma.
Hierdie angswekkende roman oor ’n vrou se skynbaar perfekte lewe wat kruis met dié van ’n jong gewoontemisdadiger het vroeër vanjaar in Afrikaans by LAPA verskyn.
In hierdie meertalige onderhoud gesels Esther oor die term domestic noir en haar skryfproses. Sy vertel hoe sy haar karakters skep en werp lig op die misdaad in Nederland.
Lees die onderhoud:
Esther, jy is ’n bekende skrywer in Nederland en skryf ook graag rillers. Liewe Mamma sou as domestic noir beskryf kon word. Wat trek jou na hierdie genre aan?
Mijn solothrillers zijn allemaal domestic/psychologische thrillers. Ik vind het interessant om relatief normale mensen, bij voorkeur gezinnen, in een extreme situatie te plaatsen, zodat je je als lezer goed met hen kunt verhouden en je je vroeg of laat gaat afvragen: wat zou ík doen?
In Afrikaans:
My solo-rillers is almal huishoudelike of sielkundige rillers. Ek vind dit interessant om normale mense, verkieslik gesinne, in ‘n uiterste situasie te plaas, sodat die leser goed met hulle kan omgaan en vroeër of later hulself sal afvra: wat sou ek doen?
Lees ook:
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Domestic Noir Esther Verhoef Interviews LAPA LAPA Uitgewers Liewe Mamma Litnet Naomi Meyer