Uitgewers

Rus sag, Tant Koelsoem: LAPA neem afskeid van Koelsoem Kamalie (1948 – 2020)

Koelsoem Kamalie is op Saterdag 11 April 2020 oorlede op die ouderdom van 72. Dié tannie van Bonteheuwel het luisteraars van RSG aan haar lippe laat hang met die heerlike resepte wat sy gedeel het, haar humor en die reguit manier waarop sy kon praat.