C

Woordfees 2020: Moenie Jodi Picoult se Skype-onderhoud met Deborah Steinmair en Sara-Jayne Makwala King misloop nie! (10 Maart)
 More about the book!

Jonathan Ball Uitgewers nooi jou graag na die Skype-bekendstelling van Jodi Picoult se eerste roman in Afrikaans, Die belydenis.

Daniel Hugo het Jodi se roman Plain Truth na Afrikaans vertaal. Die belydenis vertel die verhaal van die ontdekking van ’n dooie baba in ’n skuur op ’n Amiese plaas in Amerika wat dreig om ’n jong vrou se lewe te verwoes.

Jodi kom kuier Dinsdag, 10 Maart, via Skype saam met skrywers Deborah Steinmair en Sara-Jayne Makwala King by die US Woordfees (6–15 Maart 2020). Kaartjies is nou beskikbaar by Computicket.

Moenie dit misloop nie!

Datum: Dinsdag 10 Maart 2020
Tyd: 17:00
Plek: Drostdy Teater, hoek van Alexander- en Birdstraat, Stellenbosch
Koste: R65/R85 by die deur
Kaartjies: Beskikbaar by Computicket
Woordfees-uitnodiging

 

Categories Afrikaans Fiction International South Africa

Tags Afrikaans Book events Book launches Deborah Steinmair Die Belydenis Jodi Picoult Jonathan Ball Publishers Plain Truth Sara-Jayne King Skype-interview Stellenbosch Woordfees


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments