C

Werksgeleentheid: Kom begin ’n nuwe hoofstuk by LAPA as bemarker vir die skole- en bibliotekespan

Is jy lief vir lees, skryf, kinders en boeke? Dan het LAPA die perfekte werk net vir jou.

LAPA Uitgewers is op soek na ’n sterk kandidaat om die volgende pos te vul:

Bemarker: Skole and Biblioteke

Beskrywing:

LAPA Uitgewers is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse kultuurorganisasie en het ʼn vakature vir ʼn gekwalifiseerde en dinamiese persoon om as bemarker: skole en biblioteke by LAPA Uitgewers diens te verrig.

LAPA Uitgewers volg ʼn gelyke-indiensnemingsbeleid.

Algemene vereistes:

• ’n Liefde vir boeke met ’n spesifieke belangstelling in Afrikaanse literatuur.
• ’n Tersiêre kwalifikasie is verkieslik.
• ’n Onderwysagtergrond en/of goeie kontakte in die Onderwys sal voordelig wees.
• Opleiding en ervaring as Afrikaansonderwyser sal ’n bonus wees.
• Kennis van en insig in die boekbedryf.
• Sterk tegnologiese vaardighede.
• Goeie skryfvaardigheid, veral in Afrikaans.
• As redakteur van die Laerskool-Klasgids kan optree.
• Kundig wees ten opsigte van bemarking op sosiale media.
• Sterk organisatoriese- en administratiewe vaardighede.
• Goeie kliënt- en marknavorsing kan doen.
• Toegewyd wees aan goeie kliëntediens.
• Oor uitstekende interpersoonlike-, onderhandelings- en kommunikasievaardighede beskik.
• Moet selfgemotiveerd en proaktief wees en onafhanklik kan werk, maar ook goed binne spanverband kan funksioneer.
• Moet onder druk kan werk en spertye kan nakom.
• Die kandidaat moet bereid wees om buite kantoorure te werk.
• Finansiële insig en om binne ’n begroting te kan werk, is noodsaaklik.
• Moet oor eie motor en ’n geldige rybewys beskik.
• Moet bereid wees om te reis.

Hoofverantwoordelikhede:

• Om as die digitale arm van die Skole- en Bibliotekespan te werk.
• Die ontwikkeling van bemarkings- en promosiestrategieë, -planne en -materiaal vir skole en openbare biblioteke.
• Die ontwerp en uitstuur van nuusbriewe aan skole en biblioteke.
• Die opdatering van databasisse vir die afdeling.
• Om bedrywig te wees op sosiale media, veral die onderwysblaaie.
• Die ontwikkeling van sleutelkontakte en -kliënte in die twee teikenmarkte.
• Die jaarlikse samestelling van ‘n skolekatalogus.
• Om as redakteur van die Laerskool-Klasgids op te tree.
• Bedryf van die afdeling se verskeie digitale platvorms.
• Om skrywers na skole te vergesel.
• Om skrywers se reis- en verblyfeise te hanteer.

Voordele:

’n Mededingende vergoedingspakket (totale koste vir Maatskappy; pensioenfondsbydraes ingesluit) word aangebied met markverwante vakansie- en siekverlofvoordele.

Aansoeke moet LAPA Uitgewers voor of op 24 Januarie 2020 bereik. Stuur volledige CV aan: Charissa De Wet e-pos na betrekkings@lapa.co.za

Beskou die aansoek as onsuksesvol indien jy nie binne ses weke van LAPA gehoor het nie.

380 Bosman St, Pretoria, 0002, South Africa

Categories Afrikaans South Africa

Tags Afrikaans Bemarking Bemarkingspos Digital Marketing Jobs Jobs LAPA LAPA Uitgewers Marketing Jobs Publishing Jobs


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments