C

Wen ’n geskenkpak vol boeke ter waarde van R1000 in Penguin Random House SA se #WaarInDieHeelal-kompetisie (31 Des)
 More about the book!

‘Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal.’

In haar oorrompelende roman Die heelal op my tong gebruik Anoeschka von Meck die oeroue patroon van reis om struktuur, rigting en betekenis te gee aan dié storie waarin ’n vrou op soek na God finale afsluiting probeer kry van haar moeilike verhouding met haar pa én haar eie liggaam, skryf Louise Viljoen.

Om hierdie reistema voort te sit, wil Penguin Random House SA graag sien waar in die heelal jý lees aan jou kopie van Anoeschka von Meck se skreeusnaakse en skreiende-eerlike nuwe roman, Die heelal op my tong.

Plaas ’n foto van jou boek iewers op die aardbol, tag @PenguinRandomHouseSA en #WaarInDieHeelal en jy kan ’n geskenkpak met die Penguin Random House SA boeke van jou keuse wen ter waarde van R1000!

Die sluitingsdatum is 31 Desember 2020. Die wenners word vroeg in Januarie 2021 aangekondig.

Foto’s met dank aan Maretha Lindeque, Phyllis Green en PRHSA.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Anoeschka von Meck Die heelal op my tong Kompetisie Penguin Random House SA Waar in die heelal Wen Win


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments