C

WEN al 3 boeke in Irma Joubert se oorlogstrilogie, insluitend haar jongste roman, Na ’n plaas in Afrika (Plus: Video)
 More about the book!

Dis kompetisietyd! Een gelukkige leser kan wegstap met al drie boeke in Irma Joubert se oorlogstrilogie: Immer wes, Mentje, kind van Pas-opkamp en haar jongste roman, Na ’n plaas in Afrika.

Al wat jy moet doen is:

  1. Like LAPA se Facebook-blad
  2. Like die post
  3. Tag jou vriende in die kommentaar

Onthou om ook die post te deel met al jou vriende. Die kompetisie is geldig vanaf 19 – 30 April 2021. Die wenner word lukraak gekies en word 3 Mei aangekondig. Bepalings en voorwaardes geld.

Oor Na ’n plaas in Afrika

’n Nuwe lewe wag op hom.

In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit London ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland.

By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom. Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisend oorleef.

Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.

Na ’n plaas in Afrika is die derde boek in die trilogie ná Immer wes en Mentjekind van Pas-opkamp. Anders as met haar vorige boeke, word die verhaal grootliks vanuit twee manlike perspektiewe vertel.

Kyk wat vertel Irma als van haar nuwe roman:

Oor die outeur

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy begin eers skryf toe sy einde 2004 aftree ná 35 jaar van onderwys. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se ‘Spesialis Joernalis van die Jaar’. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en Harper Collins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel.

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Competitions Immer wes Irma Joubert LAPA LAPA Uitgewers Mentje kind van Pas-opkamp New books New releases Oorlogstrilogie Video Wen Win


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments