C

Waarmee worstel Stella se dogters so? Kom vind uit by ’n Netwerk24-aanlyngesprek met Helene de Kock (19 Mei)
 More about the book!

Penguin Random House SA en Netwerk24 nooi jou graag na ’n aanlyngesprek oor Stella se dogters deur Helene de Kock.

Sarie se boekeredakteur Phyllis Green sal met die skrywer gesels oor haar jongste roman wat handel oor drie susters wat elkeen met groot probleme worstel:

Niemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie.

Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so ’n verstandige man aan haar sy het.

Niemand sal ooit weet hoe broos Teresa is nie. Want sy is hierdie hardekwas advokaat wat geen man nodig het nie.

Die gesprek is gratis vir Netwerk24-intekenare en word op Donderdag, 19 Mei, op www.netwerk24.com uitgesaai.

Moenie dit misloop nie!

Besonderhede

Datum: Donderdag 19 Mei 2022
Tyd: 20:00
Plek: Netwerk24.com
Koste: Teken nou in op Netwerk24 vir slegs R99 per maand
Uitnodiging

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Boekbekendstellings Book events Book launches Helene de Kock Netwerk24 Penguin Random House SA Phyllis Green Stella se dogters Virtual book events


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments