C

Waar Alet Snyman gaan, volg moord en doodsake … Vleisfees op Karibib deur Isa Konrad is nou beskikbaar!
 More about the book!

Ná haar egskeiding keer Alet Snyman terug na Karibib toe om die drade wat sy aan die begin van die jaar daar laat lê het, weer op te tel. Haar terugkoms val saam met die jaarlikse Vleisfees, maar toe sy eers daar is, is haar nuwe lewe allesbehalwe ’n fees. Sy het ’n man se loopbaan verongeluk – ’n man vir wie sy omgee ook nog. Erika Schultz, die Herero vrou wat haar aan die begin van die jaar onder haar vlerk geneem het, wil haar nie meer daar hê nie. En toe sy haar eerste konsert op Karibib bywoon, sterf die hoofkunstenaar in die middel van die vertoning.

Inspekteur Con Dorfling, bevelvoerder van Karibib polisie, het pas ’n dissiplinêre verhoor weens aanranding agter die rug. Hy word ’n proeftyd van ses maande opgelê, waarna sy pos geherevalueer sal word. Con is nog in Windhoek, sy vonnis nog nie koud nie, toe hy die nuus uit Karibib kry dat ’n bekende sanger uit Duitsland op sy dorp vermoor is. Ook dat Alet Snyman terug is en by was toe dit gebeur het. Hulle sê rampe gebeur in drieë en dit is die derde keer wat sy Karibib toe kom. Dus moet dit hom eintlik nie verbaas nie. Want waar Alet gaan, volg moord en doodsake.

Oor die outeur

Isa Konrad het in Namibië grootgeword. Ná skool het sy Switserland toe geëmigreer. Sy het jare lank in Zürich gewoon, daar getrou en met ’n gesin begin. Haar twee dogters is in 1995 en 1996 onderskeidelik gebore. In 2001 het die gesin Suid-Afrika toe geïmmigreer as gevolg van haar man se werk. Hulle het in Pretoria gewoon. Ná haar seun se geboorte in 2002 het Isa haar ingeskryf vir ’n kreatiewe skryfkursus. Dit het tot die publikasie van haar eerste romanse, Die langste nag, gelei. Daarna het sy nog sewe romanses geskryf. Ná agt jaar in Suid-Afrika is die gesin in September 2008 terug Switserland toe. Hulle woon tans in Solothurn, ’n barokstad op die Aare-rivier, maar besit ook ’n huis in die Penniniese Alpe naby die grens van die Italië. Isa verdeel haar tyd min of meer gelykop tussen dié twee woonplekke. Haar eerste spanningsroman, Die ondenkbare, het in 2010 verskyn.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Isa Konrad LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Vleisfees op Karibib


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments