Video: Waar kom die inspirasie vir Ware Noord vandaan? Elsa Winckler vertel
More about the book!
‘My inspirasie vir die storie was drie goed wat eintlik niks met mekaar te doen het nie.’
Só vertel Elsa Winckler oor die inspirasie vir haar jongste liefdesroman, Ware Noord, wat pas op die rakke verskyn het.
‘Dit was ‘n paar Jimmy Choo-skoene, ‘n rugbyspeler en die pragtige ou Metodistekerk in Somerset-Wes waarvan die fasade op ‘n dag net inmekaar geval het,’ gesels sy verder.
‘Ons het toevallig ‘n dag of twee later daar verby gery, en hierdie rommel voor hierdie ou gebou het my vreeslik aangegryp.’
Kyk na die video:
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Elsa Winckler LAPA LAPA Uitgewers Video Ware noord