C

[Video] So maak mens ’n luisterboek: Kyk hoe lees die beroemde akteur Chris van Niekerk voor uit Bloedsteen deur Irna van Zyl
 More about the book!

Die akteur Chris van Niekerk se stem is alombekend. Hy het vir jare lank die rol van Oom Francois Rossouw in 7de Laan vertolk en is ook bekend vir sy rol as Hans van Wyk in Fynskrif. Dan het hy natuurlik gehore reghoor die land aan die huil gehad in Dinsdae by Morrie, die Afrikaanse verhoogweergawe van Mitch Albom se roman, Tuesdays with Morrie.

Maar het jy geweet Chris is ook ’n stemkunstenaar? Hy het Bloedsteen, Irna van Zyl se nuwe misdaadroman, opgeneem as luisterboek en hier kan jy hom nou in aksie sien.

Kyk na die video:

https://www.facebook.com/Umuzites/videos/266050481260842/?__so__=channel_tab&__rv__=all_videos_card

Bloedsteen is in Afrikaans, Engels en as luisterboek beskikbaar.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Bloedsteen Chris van Niekerk Irna van Zyl Luisterboek Penguin Random House SA Video


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments