C

Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse
 More about the book!

Aandag! Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake is vanjaar benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse!

Robey Leibbrandt verskyn op die niefiksie-kortlys. Veels geluk aan die skrywer. Die wenners word 19 September aangekondig.

Meer oor die boek

’n Epiese reis in ’n klein seiljag van Frankryk tot aan die Namakwalandse kus gedurende die Tweede Wêreldoorlog, sabotasiepogings en planne om Eerste Minister Jan Smuts in ’n sluipmoord om die lewe te bring…

In die vroeë 1940’s is die Suid-Afrikaanse publiek aangegryp deur die uitdagende optrede van die Olimpiese bokser en swaargewigkampioen Robey Leibbrandt. Hy was dodelik gekant teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog. Sy ekstremisme, opvlieënd-heid en onverdraagsaamheid was tipies van ’n politieke fanatikus.

Leibbrandt het ’n aanhanger van Nasionaal-Sosialisme geword toe hy in 1936 vir Suid-Afrika in Berlyn aan die Olimpiese Spele gaan deelneem het. Hy was besig met opleiding in Europa toe die oorlog uitbreek. Die Duitse militêre intelligensiediens het hom kort daarna gewerf om sabotasieopleiding te ontvang.

Die Duitsers het Leibbrandt teruggestuur na Suid-Afrika as deel van Operasie Weissdorn. Sy missie? Om die militante deel van die Afrikaner-opposisie te werf en met hulle hulp skeeps- en haweinstallasies, asook nywerhede, te vernietig, en om oproer in die Uniemagte te stook.

Dit was nie lank nie of die polisie was op Leibbrandt se spoor en hy is ná een van die grootste polisiesoektogte in hegtenis geneem. Sy hoogverraadsaak in 1943 en 1944 het hoofopskrifte gehaal.

Dié biografie werp nuwe lig op hierdie enigmatiese historiese figuur en wat sy fanatisme aangevuur het.

Oor die outeur

Albert Blake is ’n gewilde niefiksieskrywer wat al meer as ses boeke die lig laat sien het, waaronder die topverkoper Boereverraaier. Hy is in 2014 deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Louis Hiemstra-prys bekroon vir Boerekryger: ’n Seun se hoogste offer. Sy werke was ook al op die kortlyste vir die kykNET/Rapport-prys, ATKV-Woordveertjies en South African Literature Awards. Hy is ’n navorsingsgenoot aan die Universiteit aan die Vrystaat en praktiseer as prokureur in Gauteng. Hierdie is sy sewende boek.

Oor beskikbaar as e-boek:

Amazon

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags 2020 kykNET-Rapport-boekpryse Afrikaans Albert Blake Jonathan Ball Uitgewers Robey Leibbrandt Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments