C

Nog ’n SALA vir Andre Trantraal! Keegan en Samier 3: Die strokiesprent-kompetisie wen die 2022 kinderboektoekenning
 More about the book!

Baie geluk aan André Trantraal! Die bekroonde skrywer wen ’n Suid-Afrikaanse Literêre Toekenning (SALA) vir die derde boek in die Keegan en Samier-reeks, Die strokiesprent-kompetisie.

Oor die boek

Keegan kry die geleentheid om ’n plakkaat te ontwerp wat sy gunstelingskrywer se nuwe strokiesprent adverteer – en die wenner kan die boek se bekendstelling bywoon! Hy is vreeslik opgewonde … maar die skool se boelie, Brent Petersen, dreig om al sy planne in die wiele te ry …

André is ’n skrywer, illustreerder en vertaler asook ’n baanbreker in die bevordering van Kaapse Afrikaans. Keegan & Samier is ’n reeks boeke vir beginnerlesers van sewe jaar en ouer en is deur die skrywer self geïllustreer. Hy is ook verlede jaar bekroon met ‘n SALA vir Keegan & Samier: Die sokkerfiasko.

Ander kinderboeke op die kortlys was: Ouma Mollie en die mensvreter deur Fanie Viljoen, Qashi Qashi, Injani? deur Nandipha Nomsobo, On My Papa’s Shoulders deur Niky Daly en Mholweni – igama lam ngu-Owethu deur Owethu Onez Ndlakuse, geskryf toe sy net ses jaar oud was! Veels geluk aan al die skrywers.

Kyk gerus na die video! Die kinderboek-toekenningseremonie begin vanaf 1:39:20:

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Andre Trantraal Die strokiesprentkompetisie Fanie Viljoen Keegan en Samier Mholweni – igama lam ngu-Owethu Nandipha Nomsobo Niky Daly On My Papa’s Shoulders Ouma Mollie en die mensvreter Owethu Onez Ndlakuse Qashi Qashi Injani?


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments